Loerie-leesreeks: Gr 6 Boek 2 (Afrikaans Edition)

EAN/UPC/ISBN Code 9780636003644


Hierdie reeks vir die tweede taal is geskryf met die hoofdoel om elke leerling se gebruikskennis van Afrikaans teen "n maksimum tempo te ontwikkel. Interessante en doeltreffende materiaal word in die hand van die onderwyser en leerling geplaas om taalontwikkeling doelgerig te versnel. A. Die afdeling wat vir LEES voorsiening maak, het twee doelstellings, nl. 1. om die leerling se leestegniek doeltreffend te ontwikkel, d.w.s. vir handop lees val die klem op vlotheid, uitspraak, frasering, stembuiging en gevoel en vir stillees val die klem op begrip. 2. om die leerling te laat besef watter genot hy uit lees kan put indien hy met gemak kan lees. Die interessante leesstof in hierdie reeks boeke sal die leerling prikkel om te wil lees. B. Vir die ander onderafdelings van die taal, d.w.s. woordeskatontwikkeling, luistervaardigheid en mondeling, poesie, skriftelike werk, taalleer en spelling word ruim voorsiening gemaak.