Baie Melk En Twie Sykers (Afrikaans Edition)
Price 20.77 USD
Vir sommige is Ravensmead in die Kaap die gatkant van onse wereld. Vir ander - soos Anastasia de Vries - hul komvandaanplek, speelplek en droomplek. Hul hartsgronde. Dis hier in die Lane waar oud en jonk om "n ghellie kan staan en kan stukke sny; kan lag en kan ghai en kan leef. Jy moet hier gebore word om te verstaan hoe jou hart teen jou ribbes begin skop as jy op Vlaktegrond uitstap en hoe jou "jippe somma so in die loop saam die een-vir-jou-een-vir-my ritme van die Vlaktevrou se lyf optel ..." Hier word baie gehuil, maar nog meer gelag - want waar mooi en onmooi half onverskillig deurmekaargeklits is, daar gebeur die lewe.