Die Neukery Met Die Appelboom En Ander Essays
Price 20.80 USD
Op sy eiesoortige manier vervleg Marthinus Versfeld sy bespreking met wetenskapsieninge, geloofsoortuiginge, etiese kwessies, opvattinge oor die staatkunde en ander filosofiese vraagstukke. Marthinus Versfeld (1909-1995) was hoogleraar in Filosofie aan die Universiteit van Kaapstad. As toegewyde Katoliek en kenner van Oosterse filosofie het sy werk "n geestelike kwaliteit wat vandag weer nuwe betekenis kry. Versfeld se styl is besonder toeganklik en die leser word dikwels verras deur "n diepsinnige wending waardeur ons omgang met die alledaagse verryk word.