Algemene Gids Tot Seevisse Van Suider-Afrika (Everyone"s Guide to) (Afrikaans Edition)
Die inligting wat dit bied rakende die verskillende aspekte van mariene omgewings, maak hierdie gids nie slegs die ideale metgesel vir duikers en kushengelaars nie, maar ook vir enigiemand wat graag die geheime van ons onderwaterw?reld wil ontdek. Een van die hoogtepunte van die gids is die lys van vernaamste hengelvisse waarin die habitat, verspreiding, seisoensgebondenheid, aas, rekordgroottes en vangbeperkings uiteengesit word van die mees gesogte sportvisse wat langs die Suider-Afrika kuslyn voorkom.