Visualisering: Wat Jy Bedink, Kan Jy Beklink (Afrikaans Edition)
Daar is niks wat die mens tot stand bring wat nie as "n idee begin nie. Hierdie boek gee "n oorsig van hoe om jou doelwitte, van watter aard ook al, te bereik deur jou verbeelding te gebruik. Kwessies soos gewigsverlies, ophou rook, die hantering van moeilike situasies en selfs aansoek vir werk word aangespreek. Daar word ook vertel hoe visualisering deur sportlui aangewend word om "n ingesteldheid van wen te kweek, beserings te beheer en duidelike doelwitte te stel. Praktiese oefeninge wat mens kan help om stres te hanteer en suksesvol te visualiseer, word breedvoerig beskryf.