Lees, Gesels En Skryf: Standerd 5 (Afrikaans Edition)

EAN/UPC/ISBN Code 9780636004689


Hierdie reeks boekies is opgestel in ooreentstemming met die gees en die inhoud van die nuwe leerplanne vir al vier provinsies en Suidwes-Afrika/Namibie. Ons uitgangspunt met hierdie reeks is dat "n taal, veral "n tweede taal, net behoorlik aangeleer kan word deur daarna te LUISTER, dit te LEES, dit te PRAAT en dit te SKRYF. Aangesien die hoofdoel van alle taalonderrig die doeltreffende GEBRUIK van die taal is, moet die taalstudie dus op die LEWENDE taal toegespits wees. Die taalstudie moet dus voortvloei uit die leeswerk, die mondelinge en die skriftelike stelwerk. Die INDUKTIEWE metode van taalonderrig word hier gebruik. Die basiese beginsels van Afrikaans word so prakties moontlik toegepas en toegelig aan die hand van alledaagse voorbeelde uit die lewende taal. Wat die LEERLING betref, is die boekies so opgestel dat die leerstof hom genoeg geleentheid bied om na wense aan te vul en verder te ontdek.