Kleredrag Tydens Die Anglo-Boereoorlog 1898-1902 (Afrikaans Edition)

EAN/UPC/ISBN Code 9780949950581


Beskrywings, foto"s en patrone van verskillende kledingstukke wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is. Dis algemene kennis dat die kakies so genoem is as gevolg van die kleur van hul uniforms, maar aan die vraag oor hoe presies die kleredrag van Boerekrygers en gewone burgers tydens die Anglo-Boereoorlog dan gelyk het, word selde aandag bestee. Hierdie boek bied "n interessante blik op "n noodsaaklike alledaagsheid wat destyds veel komplekser was as wat vandag se verbruikerskultuur ons laat besef!