Gesondheidsopvoeding Vir Almal: Standerd 2 (Health Education for All) (Afrikaans Edition)

EAN/UPC/ISBN Code 9780636000643


Hierdie handboek is volgens die jongste voorgeskrewe kernsillabus vir Suidelike Afrika opgestel. Die doel van Gesondheidsopvoeding is eerstens om goeie gesondheidsgewoontes by die kind te ontwikkel. Om die kind se medewerking in hierdie verband te kry, is dit nodig dat hy die bou en die werking van sy liggaam in so "n mate begryp dat die gesondheidsreels vir hom sinvol is. Hy moet ook leer dat die gesondheid en die geluk van die samelewing noodsaaklik is en dat eie gesondheid en geluk nie net daartoe kan bydra nie, maar ook in "n groot mate daarvan afhanklik is. Openbare gesondheidsgewoontes is dus net so belangrik soos persoonlike gesondheidsgewoontes. Hierdie handboek is bedoel om as bron te dien van antwoorde wat die leerling mag soek op probleme waarmee hy in sy ontwikkelingsjare gekonfronteer word.